Elizabeth Hentschel

Elizabeth is ’n Vrystater in murg en been maar sy beweeg haar lewe lank oor grense heen: tussen provinsies, lande, tale en kulture. Vir baie jare was sy met hart en siel Duitsdosent, nou verwyl sy haar tyd met vertaal, skryf en lees. Tussendeur speel sy met haar kleinkind en verbly haar in hierdie nuwe dimensie van lewe. Sy gaan graag op reis maar haar huis in Parys is haar paleis. Sy koester die mense in haar lewe. So ook blomme, boeke en musiek wat haar laat swewe. En sy hou van blou, die stukkie hemel wat sy in haar hart kan hou.

Vrouedag-skryfkompetisie: Die nagwaak

Elizabeth Hentschel Skryfkompetisies 2019-08-25

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Elizabeth Hentschel: "Ons het Villiers toe gery, die rivier oorgesteek. Die plaas was verlate en verwaarloos, die huis toegegroei, onbereikbaar."

Top