Eduard Potgieter

Eduard Potgieter behaal sy voorgraadse sowel as nagraadse kwalifikasies – ’n MEd en PhD in Onderwysbeleidstudie – aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy begin sy loopbaan as fasiliteerder in volwasse basiese onderwys en opleiding in die Vrystaatse Departement van Gesondheid en word later aangestel as onderwyser by Martie du Plessis Skool. In 2020 word hy bevorder tot adjunkhoof en in 2021 tot skoolhoof by die Hoër Landbouskool in Jacobsdal. Sy navorsingsbelangstelling fokus op die ontgroening van leerders.

Ontgroening, insouting, doop, inburgering? ’n LitNet Akademies Weerdink-onderhoud met Eduard Potgieter

Naomi Meyer, Eduard Potgieter Onderhoude 2024-02-02

"Moenie vashou aan geykte gebruike net omdat die old boys/girls of groot borge jou dwing nie. Wees werklik ’n agent van verandering. Daardeur sal die vloek van ontgroening gebreek word."

Initiation at schools: an investigation into popular discourses

Eduard Potgieter, Corene de Wet, Lynette Jacobs Academic research 2021-12-13

"It transpires from this and other South African studies that illegal initiation practices are still the order of the day at some schools in this country."

Ontgroening in skole: ’n ondersoek na gewilde diskoerse

Eduard Potgieter, Lynette Jacobs, Corene de Wet LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-13

"Solank as wat leerders, opvoeders en ouers ontgroening toelaat en klem op die sogenaamde voordele van ontgroening lê, sal die magsiklus en magsvergrype van ontgroening onder die dekmantel van tradisie en spanbou voortleef."

Ontgroeningspraktyke in uitgesoekte Vrystaatse hoërskole en skoolkoshuise: ’n verkennende studie

Eduard Potgieter, Corene de Wet, Lynette Jacobs, Kevin Teise 2014-10-01 Hierdie artikel lewer verslag oor ’n verkennende tweefase-ondersoek oor ontgroeningspraktyke en -beleide by uitgesoekte Vrystaatse hoërskole en skoolkoshuise.
Top