Doria Daniels

Doria Daniels is ’n professor in opvoedkundige sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch, waar sy modules in kwalitatiewe navorsingsmetodologie en volwasseneleer en -ondersteuning aanbied in die meesters- en BEd Honneurs-programme. Sy het ’n PhD  in internasionale en interkulturele opvoeding, wat haar passie vir die verstaan van gemarginaliseerde populasies se ervaring van opvoedkundige toegang en insluiting anker. Sy is ’n NRF-gegradeerde navorser wie se publikasies voortspruit uit haar empiriese navorsing oor bemagtiging en basiese opvoeding van ongeskoolde vroue, inheemse kennis en die rol van gender in voorstellings van vroue in gemeenskappe se geskiedenis, en die moontlikhede van volwassene-opvoeding en -opleiding vir aktiewe burgerskap. Haar mees onlangse navorsing vind plaas met immigrante-ouers oor hulle rolle in die opvoedkundige ondersteuning van hulle skoolkinders.

WhatsApp as ondersteuningsplatform: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Leah Slinger-Steenberg, Doria Daniels SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2019-08-05

"In Suid-Afrikaanse staatskole is dit nie ongewoon dat leerders in ’n derde of vierde taal onderrig word nie."

Educational parent support to Xhosa speaking learners: exploring the potential of WhatsApp as support platform

Leah Slinger-Steenberg, Doria Daniels Academic research 2019-06-10

"Even though the homework was in Afrikaans, the WhatsApp communication between the parents and the teacher was in English. We found that with the growth in the parents’ confidence, the communication between them and the teacher increased and expanded."

Verkenning van WhatsApp as ondersteuningsplatform om ouerbetrokkenheid by Xhosasprekende leerders se opvoeding te bevorder

Leah Slinger-Steenberg, Doria Daniels LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2019-06-10

"Dit is belangrik dat ouers bemagtig word met kennis oor die rol van taal en denke in die kognitiewe, affektiewe en sielkundige ontwikkeling van kinders, sodat hulle ingeligte besluite kan neem oor die formele skoolkonteks waarin hulle kinders opgevoed word."

Kom ons lig die sluier: Afrikaanse Moesliemvroue se aktivisme en entrepreneurskap

Doria Daniels Menings 2018-04-17

"Hierdie beeld van Moesliemvroue as aktiewe rolspelers in die private en publieke lewe van die gemeenskap noodsaak ’n paradigmaskuif wanneer daar oor Moesliemvroue en hulle bydraes tot taal en kultuur gepraat word."

Top