Dolf van Niekerk

Rudolf Johannes van Niekerk (Dolf) is op 22 Februarie 1929 op Edenburg in die Vrystaat gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Edenburg. In 1949 behaal hy ’n BA-graad aan die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat en later ’n honneursgraad in Wysbegeerte aan Unisa. In 1950 sluit hy hom by die SAUK aan as omroeper/regisseur. In 1957 word hy radiobeampte by die Departement van Landbou se radiodiens en later ook die hoof van die radiodiens. In 1967 verwerf hy ’n MA-graad in Wysbegeerte met lof aan die Universiteit van Pretoria. In 1978 word hy direkteur van die Direktoraat Landbou-inligting – ’n pos wat hy tot met sy aftrede in 1994 beklee.

In 1953 debuteer hy in Standpunte met enkele gedigte. Hy begin om prosa te skryf, asook verskeie radiowerke wat hoorspele, hoorbeelde en vervolgverhale insluit. Sy eerste boek, Gannavlei: novelle, verskyn in 1958. Die Eugène Marais-prys is in 1963 aan hom toegeken vir die bundel novelles Skepsels. In 1986 word die MER-prys asook die Scheepersprys aan hom toegeken vir die jeugverhaal Die Haasvanger.

 

Foto: https://lowvelder.co.za

Verbode reis na Omsk

Dolf van Niekerk Boeke en skrywers 2019-03-28

"Reeds tydens die lees van die boek het gedagtes oor die eksistensiële probleem by my opgekom. Daarna het ’n tydperk van Dostojewski-koors gevolg. Nagte, weke en maande lank het ek sy werk gelees en herlees, afgewissel met ’n studie van sy lewe, wat nie minder aangrypend en tragies was as dié van sy groot karakters nie."

Top