Dineke van der Walt

Dineke van der Walt is beide die KKNK asook Momentum Beleggings Aardklop se kurator. Sy was voorheen die bestuurder van die kontemporêre kunsgalery Lizamore & Associates.

Sy het reeds etlike pryse ontvang, waaronder mees onlangs 2021 se kykNET Fiësta-wenner vir beste prestasie in visuele kuns vir haar virtuele galery vir KKNK. In 2018 ontvang sy die Fulcrum Suzanne Shaw Creative Award, toegeken aan jong kurators.

Dineke sluit in 2020 by Aardklop aan en verras en betower feesgangers veral deur haar kreatiewe gebruik van uitstalruimtes tot haar beskikking; die samestelling van kunstenaars en uitstallings; interpretasie en tematiek. Veral 2021 se Liewe Land! by Aardklop, waar sy kontemporêre kunstenaars gevra het om nuwe interpretasies van afskrifte van ouer landskapskunstenaars se werk te maak, het opslae gemaak en het feesgangers sowel as kunskenners se harte gesteel.

  • Foto: JP Hanekom

Momentum Beleggings Aardklop 2023: ’n onderhoud met kunskurator Dineke van der Walt

Naomi Meyer, Dineke van der Walt Aardklop 2023-08-10

"Visuele kunste praat met kykers in ’n unieke, nieverbale taal. Die gesprekke, gedagtes, herinneringe en idees wat visuele kuns ontlok, strek dus oor kultuur- en taalgrense heen."

"Om te probeer verstaan hoe hulle die wêreld sien" – ’n onderhoud met Dineke van der Walt

Cliffordene Norton, Dineke van der Walt Onderhoude 2020-02-07

"Dit is vir my ’n wonderlike geleentheid om so ’n verskeidenheid van sterk stemme in gesprek met mekaar te kan bring."

Top