Dine van Zyl is ‘n bekroonde skrywer en vryskutjoernalis met meer as 30 jaar se ondervinding in alle vorms van die media. Sy het verskeie boeke geskryf, onder andere Potjiekos, Afval en Afvalligheidjies en Boerekos (nie-fiksie); Annerkant-die-berg en Slagoffers (fiksie). Enkele van haar toekennings is o.a. die SAUK Artes: beste programmaker (dokumentêr) (1985), naaswenner in die Groot Romanwedstryd van Sanlam, Insig en Kwêla, in samewerking met Radiosondergrense en LitNet in 2001, asook die WA Hofmeyr-prys in dieselfde jaar en die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Eugène Marais-prys vir Literatuur in 2002. Sy kry spesiale vermelding: Noma Toekenning (Afrika Literatuur, toegeken deur Oxford Universiteit) in 2003, is Finalis Mondi Joernalis van die Jaar Toekenning in 2005 en is in 2006 twee keer genomineer as Mondi Joernalis van die Jaar.
Opgedateer/Updated: 2006-09-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info outdated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za