Dieter de Bruin

Dieter de Bruin, BA, BA (Hons), MDiv, MA, PhD, is ’n dosent in Praktiese Teologie aan die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Teologie en Religie, waar hy verbonde is aan die Departement Praktiese Teologie en Sendingstudies. Hy dien ook as deeltydse predikant. Hy spesialiseer in Liturgiese Teologie en sy navorsingsfokus is die implikasies van die weeklikse viering van die nagmaal en die leerstelling van universele verlossing vir die NG Kerk.

The worship service as the heart of faith formation: A liturgical-theological inquiry into the congruence between the Dutch Reformed Church’s theological commitments and its sacramental practice

Dieter de Bruin Academic research 2026-10-19

"The central argument is that these young people may never have been fully 'inside' the faith community in the first place. When children are excluded from the Eucharistic table, and when the Eucharist itself occupies a peripheral rather than central place in weekly worship, the ecclesial practice communicates a theology of 'partial belonging' that undermines formation from its very foundation."

Die erediens as die hart van geloofsvorming: ’n Liturgies-teologiese ondersoek na die ooreenstemming tussen die NG Kerk se teologiese uitgangspunte en haar sakramentele praktyk

Dieter de Bruin LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2026-10-19

"Die gevolgtrekking is dat die herstel van die verenigde inlywingsritueel, wat doop, bevestiging en Eucharistie onmiddellik verbind, logies uit die navorsers se eie uitgangspunte volg. Hierdie gevolgtrekking impliseer ook die herposisionering van die nagmaal as weeklikse sentrum van die erediens, met volledige insluiting van alle ouderdomsgroepe in die voortgaande geloofsvorming van die gemeente."

Top