Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, gestig in 1970, is ’n vereniging van mense wat in skryfwerk belang stel en dit geniet om te skryf. Die klem val op die uitdagings en bevrediging van kreatiewe skryfwerk, en elkeen beoefen die genre wat hom/haar geval (joernalistieke werk ingesluit). Die omgangstaal is Afrikaans, ofskoon daar ook byvoorbeeld Engels- en Sesotho-sprekende lede is/was.