Denis Venter

Denis Venter verwerf sy BA(Hons)- en MA-grade in die politieke wetenskappe aan die Universiteit van Pretoria en ’n DLitt et Phil-graad in politieke wetenskappe aan die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria. Tussen 1978 en 1999 is hy hoofnavorser in politiek en internasionale betrekkinge, en uitvoerende direkteur van die Afrika-Instituut van Suid-Afrika in Pretoria. Vir ’n dekade (1995–2005) dien hy as vise-voorsitter van die Internasionale Afrika-Instituut (IAI) in Londen. Van Augustus 2010 tot Junie 2011 beklee hy die pos as Nelson Mandela Leerstoel- professor in die Sentrum vir Afrikastudies, Skool vir Internasionale Studies aan die Jawaharlal Nehru-Universiteit in New Delhi, Indië. Sedert 2000 bedryf hy ’n politieke en ekonomiese risiko-ontledingseenheid, Africa Consultancy & Research, asook Africore Editing Services vir hoofsaaklik akademiese redigeerwerk (artikels, verhandelings en proefskrifte). As navorser werk hy op die vakterreine van die politieke wetenskappe en internasionale betrekkinge en bou, in ’n loopbaan wat oor meer as vier dekades strek, ’n hoë vlak van kundigheid in Afrikastudies op. Hy skryf en publiseer talle akademiese artikels en boekhoofstukke, en het pas ’n lywige boekmanuskrip (Malawi’s Transition from One-Party Autocracy to Enfeebled Democracy) voltooi, wat later vanjaar deur Mzuni Press in Malawi gepubliseer sal word.

Die rol van etiek en integriteit in die politiek en openbare lewe

Denis Venter SêNet-briewe 2023-02-22

"Wat vandag in die politiek en openbare lewe voorgehou word as integriteit, etiek, deursigtigheid en verantwoordbaarheid is grootliks afgewater. Daar is minder van ’n verwagting dat eerlikheid, openhartigheid en morele optrede sal geld, en daarom word al hoe minder ag daarop geslaan as hierdie deugde afwesig is."

Top