Delia Rabie

Delia voltooi tans haar meestersgraad in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Pretoria. In haar verhandeling ontleed sy beide Toorbos en Moerbeibos deur Dalene Matthee. Buiten die postkoloniale ekokritiek en feminisme het sy ook ’n belangstelling in Afrika-fiksie en kinderliteratuur.

Alles behalwe die waarheid: Die sesde simposium vir internasionale Afrika-vroueskrywers met Chris Steyn en Redi Tlhabi

Delia Rabie Menings 2018-12-20

Op Vrydag 30 November 2018 om 18:30 bevind aktiviste, joernaliste, mediakenners en akademici hulle in die donker, rooibeligte Fringe-teater in Johannesburg. Dié aand vorm deel van die sesde simposium vir internasionale Afrika-vroueskrywers wat in samewerking met die Departement van Kuns en Kultuur gereël is. Voor die gehoor sit Chris Steyn, medeskrywer van The lost boys of Bird Island (2018), en Redi Tlhabi, skrywer van Khwezi (2017). Die gesprek, gelei deur ’n ereprofessor aan die Universiteit van Kaapstad, Nomboniso Gasa, handel oor die skryf van waarheid te midde van die hedendaagse tydsgees.

Top