David Ralph Viviers

David Ralph Viviers is ’n Kaapse skrywer en film- en teaterakteur. Hy het sy BA in theatre and performance en sy MA in kreatiewe skryfwerk beide met lof aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. As akteur is hy in 2020 ’n Fleur du Cap-toekenning toegeken en het hy ook al verskeie Kanna-benoemings ontvang. Sy film-/TV-werk sluit die volgende in: Binnelanders, Tali’s Baby Diary, Troukoors, Desert Rose, Kanarie, No Hiding Here, Home Affairs 1 & 2, Rage en Black Sails.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Moffie – an interview with David Viviers

Yolanda du Toit, David Ralph Viviers Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-09-25

"Moffie is a one-person show based on the book by André Carl van der Merwe. I play Nicholas van der Swart, who reflects on his time as a conscript in the SADF during the late ’70s."

In gesprek met David Ralph Viviers, skrywer van Mirage

Emma Kotze, David Ralph Viviers Skrywersonderhoude 2023-02-20

"Ek was definitief daarop gerig om ’n boek te skryf wat Suid-Afrikaans was, wat hier gewortel is. In ’n baie spesifieke landskap. Die gebruik van Afrikaanse frases, in beide spraak en vertelling, het byna voor die hand liggend gevoel."

Top