Darius Erasmus

Darius Erasmus

Darius Erasmus se vroegste herinneringe was op 'n plaas naby Vrede in die Vrystaat, maar hy het grootgeword tussen Hluhluwe en Bayala. Hy is 'n plattelander in murg en been. Die skool het net tot by graad sewe gegaan en daarna was dit koshuis toe. Durban. Stad. Na die eerste winter was hy al goed ontgroen en deel van 'n groot koshuisfamilie. Na twee jaar in die koshuis, verhuis hy en sy gesin na Hermanus, waar hy matrikuleer. Hy was, vir wat gevoel het soos 'n fortnaait, op Stellenbosch waar hy probeer het om 'n graad in musiek te kry. Hy het per toeval sy eerste regte werk sonder die nodige kwalifikasies by 'n skool op 'n dorp naby sy geboorteplek gekry. Te danke aan dié geleentheid sal hy binnekort volwaardig gekwalifiseer wees. Dit is nou ses jaar later en hy beoog om dalk binne die volgende jaar of twee oorsee te gaan skoolhou.

LitNet Akademies (Opvoedkunde)-seminaar: Skoolhoofde en leierskap

Remona Voges, Darius Erasmus SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2019-07-30

Remona Voges het met ’n musiekonderwyser, Darius Erasmus, gesels om uit te vind wat effektiewe leierskap in Suid-Afrikaanse skole vir hom beteken: "Die genot lê in gelukkige kinders. 'Only if they keep the teacher happy.'"

Top