Danie Cronjé is sedert 1979 'n Wiskunde-onderwyser. Hy het aanvanklik op Virginia skoolgehou, maar is sedert 1988 verbonde aan die gekombineerde skool in Villiers in die Vrystaat. Danie is op die rype ouderdom van 31 getroud en hy het twee kinders.
Danie bied ook Rekenaarstudie as vak aan en hou van programmering, maar as dit rustiger gaan (soos op Sondagmiddae), dan teken hy graag pasteltekeninge van mooi meisies. Hy gebruik ook die humor van sy leerders om die versameling strokiesprente van Neelsie en Meester aan te vul.