Dane Beisheim
Ek is op 11 April 1985 in Vereeniging gebore en het ook daar grootgeword. My jeug was afgestaan aan die beoefening van twyfelagtige tydverdrywe, soos brandstigting en bomme bou uit huishoudelike produkte. In 2003 matrikuleer ek aan die Hoërskool Vereeniging, waarna ek vort is na Potchefstroom om joernalistiek te swot. In 2008 voltooi ek my BA Honneurs in kommunikasiestudies en begin werk by Vaal Community Radio, ’n gemeenskapsradiostasie gesetel in Vanderbijlpark, nie ver van waar ek grootgeword het nie. Na twee jaar, waarin ek deur die range beweeg en uiteindelik die posisie van assistentnuusredakteur beklee het, keer ek terug na Potchefstroom om by Ofm se satellietkantoor te begin werk. En ek is nog steeds hier, in my hoedanigheid as Noordwes- verslaggewer vir die stasie. In my vrye tyd hou ek daarvan om wyn te drink en Koos Kombuis te luister.
Fokusberoep: Radiojoernalis
Dane Beisheim
2012-10-24
Wil jy elke dag met die hele nasie praat? Dane Beisheim gee raad oor hoe om ’n radiojoernalis te word.