CP Vermaak

Die lirieke is geneem uit Ter nagedagtenis aan Coenraad Johannes Vermaak, 1 Januarie 1923 - 24 Mei 1997, ons pa en oupa wat ons geken en ook nie geken het nie, ‘n digbundel wat deur sy seun, Paul Vermaak, saamgestel is. Coenraad Johannes Vermaak is oorlede op 24 Mei 1997. Met die huis-opruiming na sy dood het die familie afgekom op gedigte wat hy deur die loop van sy lewe geskryf het. Die gedigte is gevind in skoolboeke, agter op ou boeke, op dele van ou kartonne en medisyne boksies. Met die was daar besef dat daar ’n groot deel van hom was wat niemand geken het nie. Paul Vermaak Jr is gebore 3 Oktober 1984 en het grootgeword in die Vaal Driehoek. Hy het as deel van sy opvoeding leer musiek speel. Paul het as jongman deelgeneem aan beide kultuur- en sportaktiwiteite. In ’n dekade na die dood van sy oupa, het hy tot die besef gekom dat die ritme en rym van sy oupa se gedigte gepas is vir toonsetting. "Oupa Coen, om jou te leer ken deur jou woorde, iets wat verewig is, roer my hart. Al blyk dit dat jy nie veel gehad het nie, besef ek oupa was verryk soos min ander. Hierdie erfenis beteken so baie vir soveel mense. Deur jou woorde staan jy verewig as ‘n man van wysheid. Dankie vir die jare wat ons met jou kon deel en nog sal deel, al is dit nie in die vlees nie." – Paul Vermaak Jr

Oupa rock! Wenners aangekondig!

CP Vermaak 2012-07-23 Wen ’n kleinseun se toonsettings van sy oupa se gedigte (en kyk, die musiekvideo wat hier ingebed is, speel ook deesdae op MK).

Oupa Vermaak se gedigte rock

CP Vermaak 2012-02-02 Met die huisopruiming na sy dood het die familie afgekom op gedigte wat hy geskryf het deur die loop van sy lewe. Die gedigte is gevind in skoolboeke, agterop ou boeke, op dele van ou kartonne en medisyneboksies en op enigiets skryfbaar. Al die gedigte was in sy eie handskrif geskryf.
Top