Corné van der Vyver

Corné van der Vyver is ’n lektor in die vakgroep Afrikaans vir Taalonderwys in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit. Sy doseer Afrikaans vir voorgraadse studente in onderwys. Sy behaal die volgende kwalifikasies: BA(Ed) aan die Universiteit van die Vrystaat (1990); en daarna, agtereenvolgens aan die Noordwes-Universiteit, Honneurs in Taalpraktyk (2007), MA in Afrikaans en Nederlands (2014) en PhD (2018). Die titel van die MA-verhandeling was “Patroonmatighede in die struktuur en algemene inhoud van Afrikaanse Jakkals-en-Wolf-trieksterverhale” en die titel van die PhD-proefskrif was ”Storievertelling as onderrigstrategie ter versterking van gemeenskapsidentiteit” .

Moenie die waarde van storievertelling in skole onderskat nie

Melt Myburgh, Corné van der Vyver Skole 2020-11-26

"Persoonlike storievertelling bewerk juis dit wat in digitale storievertelling kortkom – om mense te verbind deur middel van raakpunte in die onpersoonlike digitale era. Dit het COVID-19 ons ook kom leer – ons wil êrens behoort, aan iemand raak, iemand fisies sien en hoor."

The role of partnerships in strengthening storytelling as a teaching strategy in a community

Corné van der Vyver Academic research 2020-11-06

"Storytelling must be carried out in such a way that it can achieve a specific purpose, namely to fill the gap left by the school curriculum and strategic role players. To this end, the family, the community and the school act in partnership because the education and teaching of an individual require the cooperation and involvement of teachers, parents and the community."

Die rol van vennootskappe in die versterking van storievertelling as ’n onderrigstrategie in ’n gemeenskap

Corné van der Vyver LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2020-11-06

"Daar is gevind dat storievertelling dien as ’n deelnemende strategie wat eienaarskap aanmoedig deur dialoog en produktiewe deelname onder die individue van ’n gemeenskap. Daarom kan storievertelling beskou word as ’n medium waardeur mense kennis in ’n sosiale konteks skep en onderhandel."

Top