Corné Koegelenberg
Corné Koegelenberg het in die Klein-Karoo in ’n eenvoudige huis sonder ’n swembad grootgeword. Na skool het hy film en televisie-produksie in Kaapstad gaan studeer. Tans woon hy in Pretoria waar hy as filmmaker en skrywer werk. Hy is ook besig om die Valies die verskil tussen die Kaap en die Wes-Kaap te leer.
Nuwe Stories 3: Onderhoud met Corné Koegelenberg
Naomi Bruwer, Corné Koegelenberg
2014-12-16
Nuwe Stories 3 is pas gepubliseer as eindresultaat van die Nuwe Stories-skryfkompetisie wat deur Human & Rousseau in samewerking met LitNet aangebied is. Corné Koegelenberg beantwoord 'n paar vrae.