Constant van der Merwe

Constant van der Merwe is in Port Elizabeth gebore en studeer sielkunde en teologie aan Port Elizabeth, Unisa en Stellenbosch Universiteite. Na sy studies werk hy as kapelaan in die Vloot, TV-regisseur in Johannesburg en predikant in die Noord-Kaap en Wes-Kaap. Hy is getroud en hulle het drie volwasse kinders. Hy verdeel tans sy tyd tussen Suid-Afrika en Frankryk.  Ontvoer is sy vierde roman sedert sy debuut in 1989.

Ontvoer: ’n onderhoud met Constant van der Merwe

Annette Havenga, Constant van der Merwe Skrywersonderhoude 2025-02-12

Constant van der Merwe gesels met Annette Havenga: "'Die storie moet my gryp; dit moet ’n verloop hê, iets om oor te wonder. Ek moet wil weet wat gaan gebeur,' verduidelik hy. 'Fancy skryf help nie as jy nie die leser se aandag vang nie. Lang beskrywings irriteer ’n mens as die storie nie vorder nie.'"

Top