Coffee Snobs

Net soos koffie en beskuit het Coffee Snobs se gevoelvolle musiek ’n vertroude naam in Suid-Afrikaanse huishoudings geword. Aroma, die sangduo Marius en Vernette Wessels se debuutalbum, is in 2015 bekendgestel. Sedertdien sing hulle die land aan die brand met treffers soos "Eie land" en "Sê my".

2018 was 'n groot jaar met hul tweede album Lig wat einde Februarie die lig gesien het. Al die lirieke op Lig, in Afrikaans en Engels, is oorspronklike tekste uit Vernette se pen. Vernette onderskei haar deurgaans nie net as liriekskrywer nie, maar ook as komponis. Lig se sukses word bevestig deur die nominasie vir Huisgenoot se Tempo-toekenning vir beste kontemporêre album van die jaar. Dit sal ook die derde opeenvolgende jaar wees dat een van hul lirieke as die temalied vir die gewilde JoBerg2c-bergfietswedren gebruik word, hierdie jaar met “Wildest dreams” vanaf die nuwe album.

Coffee Snobs se musiek is vars, oorspronklik en treffend. Die lirieke se poëtiese kwaliteit en melodieë is uniek – hulle is ewe tuis in die styl van die klassieke ballade, die liriese ode én funky sosiale kommentaar en parodie. Coffee Snobs se musikale aanslag en sensuele intensiteit maak dat hulle ongetwyfeld een van die opwindendste musiekgroepe in Suid-Afrika is.

Coffee Snobs wil positiewe boodskap oordra met nuwe enkelsnit "Sal jy"

Marli van Eeden, Coffee Snobs Onderhoude 2019-10-10

"Ons word so gebombardeer met negatiewe nuus, hartseer, moord en haat. Stories soos Tania s’n word nie genoeg vertel in die media nie. Ek dink ons land se mense het nodig om sulke stories te sien en te hoor. Ware verhale wat mense hoop gee en bemoedig en wat hulle weer laat glo in liefde."

Coffee Snobs gereed om die teater aan te pak

Marli van Eeden, Coffee Snobs Suidoosterfees 2019-04-17

Marius en Vernette Wessels vorm die duo Coffee Snobs, bekend vir hulle albums Aroma en Lig, maar vanjaar pak hulle die teater aan met hulle eerste volwaardige teaterproduksie.

Top