Cobus van Wyngaard

Cobus van Wyngaard was op laerskool en hoërskool in Piet Retief, en gaan studeer in 2003 teologie aan die Universiteit van Pretoria. Na sy legitimasie as proponent van die NG Kerk word hy beroep as predikant en sit ook sy studies voort. Hy is tans dosent in sistematiese teologie by Unisa en ‘n predikant van die NG gemeente Pretoria, in die Sunnyside-Arcadia-omgewing. Oor die afgelope jare publiseer hy oor die werk van David Bosch en oor publieke teologie en doen veral navorsing oor die verband tussen teologie en ras en oor die teologiese onderbou vir witheid, en hy is op soek na ‘n teologie wat problematiese vorme van witheid kan help ondergrawe. Hy wonder ook oor die verband tussen middestede en hoe mense strukture vir ons samelewings kan vind wat meer ruimte vir die res van die skepping skep.

Is meer dan altyd beter? ’n Gesprek oor wat meerdere identiteit kan doen

Cobus van Wyngaard 2014-10-08 Cobus van Wyngaard belig twee teologiese momente wat kan help met ons verstaan van identiteit, en vra twee vrae na aanleiding van Lategan se artikel.
Top