Coba-Maryn Wilsenach, Naomi Meyer2012-09-07Medea was 'n Griekse godin, en daar is verskillende weergawes van haar mite. Een storie is dat sy haar kinders vermoor het en gedwing is om telkens haar lewe oor en oor te beleef wanneer sy sterf. By die Clover Aardklopfees is Coba-Maryn Wilsenach dapper genoeg om die verhoog alleen aan te durf en hierdie godin te word. Naomi Meyer vra haar uit oor Medea.