CJ Laing

Ek is op 2 Desember 1969 gebore. Reeds van kleins af het die wêreld my fassineer. My helde het tussen geskiedenisblaaie gelewe. My sprokies het in die oertyd bestaan. Tussen sterre het ek my God ontmoet. Deur Hom beleef ek die wonder van sy skepping, wat Hy tot orde bring deur die krag van Sy woorde.

Woorde is vir my ’n skeppingskrag, ’n energie wat die siel van die mens kan aanraak en verander. Ek het reeds van skooldae af met poësie geëksperimenteer, maar eers in Oktober 2018, as CJ Laing, ernstig begin skryf. Sommige van my werk is opgeneem en gepubliseer in saamgestelde bundels (hoofsaaklik uitgegee deur Malherbe Uitgewers). My aspirasie is om ’n blywende inkspoor op die Afrikaanse letterkunde te laat.

Vanaf 1994 tot 2010 het ek korporatiewe opleiding gedoen, waarna ek ’n loopbaanskuif gemaak het, maar steeds op ’n deeltydse basis opleiding gedoen het. Tans is ek ’n senior boekhouer by ’n suksesvolle multimiljoenrandse maatskappy in Randburg.

Soos vir elke ma is my enigste seun my stukkie vreugde en trots.

Vincent

CJ Laing Poësie 2021-11-22

"Verf winterblou oor jou skilderdoek 
laat die aarde bloei in Namib-bruin 
olyfgroen verskroei in suurlemoen"

Top