Cicero

Cicero is nie in die Huis van Afrikaanse Literatuurkritiek nie; hy is skaars op die werf. Sy reaksie is dus nie vanuit die sitkamer waar mense voor die kaggel uitspan nie. Ook nie vanuit die studeerkamer waar die kultuurmense ideelaboratorium hou, of vanuit die kombuis van kennisproduksie nie. Ook nie uit die gang waar mense op pad is na groener weivelde of uit die eetkamer van akademiese stupor nie. En beslis ook nie die slaapkamer van teoretiese kaperjolle nie. Cicero skryf vanuit die meer periferale ruimte van die kleinhuisie, met 'n stapeltjie verslete boeke – uit die netjiese sitkamerboekrak verban – en spinnekoppe as geselskap. Maar Cicero sit hier neffens die wasgoeddraad en hou sy ore oop.

’n Ope brief aan Luan Staphorst

Cicero SêNet-briewe 2023-11-10

"Jy gebruik terloopse kommentare op blogs – sonder enige kwalitatiewe onderskeid tussen formele akademiese diskoerse en informele gespreksdiskoerse – as vertrekpunt om oordele te vel oor geïdentifiseerde akademici se kundigheid, en dus in ’n akademiese konteks ook hul bekwaamheid."

Top