Christo Bisschoff

Christo Bisschoff het sy loopbaan as landbou-ekonoom begin, waarna hy as dosent in ondernemingsbestuur by die Universiteit van Pretoria aansluit. Hy studeer deeltyds en behaal die grade MCom (1990) en DCom (1992) aan die Universiteit van Suid-Afrika. Sy spesialiteitsvelde is bemarkings- en landboubestuur. Christo fokus later op handelsmerkstrategie en bestuursetiek, maar doen steeds verder navorsing oor sy gunstelingonderwerp, landboubestuur. Sy navorsing behels vergelykende studies wat hy saam met sy internasionale medewerkernetwerk doen, en hy het reeds verskeie geakkrediteerde artikels gepubliseer en internasionale konferensies regoor die wêreld toegespreek. Hy tree verder op as referent vir verskeie plaaslike en internasionale tydskrifte, en het op die tegniese paneel van die Bemarkingsassosiasie van Suid-Afrika gedien. Hy was ook die voorsitter van die Internasionale Besigheidskonferensie; hier het hy tot 2016 as redakteur van die konferensiebundel gedien. Hy dien hy steeds op die akademiese paneel. Christo doseer bemarkingsbestuur aan die Noordwes-Universiteit se besigheidskool.

An analysis of the ethical attitudes of South African business managers with regard to ethical business decision-making: Trends from 2007 to 2019

Christo Bisschoff Academic research 2020-11-04

"The 13-year longitudinal study measures the ethical predispositions of managers over time with regard to companies’ business decisions. This provides a trend of what managers deem ethical business behaviour to be, and consequently provide an insight into their business decisions as company representatives."

’n Ontleding van Suid-Afrikaanse sakebestuurders se etiese besigheidsbesluitneming: Tendense van 2007 tot 2019

Christo Bisschoff LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2020-11-04

"Die studie verskil van die meeste etiekstudies omdat dit nie ’n oomblik in tyd vasvang nie, maar longitudinaal die verandering in die houdings van bestuur vasvang oor ’n tydperk van 13 jaar. Dit is veral waardevol omdat dit ’n aanduiding gee of die besigheidsetiek-ingrepe wat deur die jare gemaak is, wel uiteindelik vrugte afwerp."

Hommeltuie in die Vrystaat? Vyf vrae aan Christo Bisschoff

Christo Bisschoff, Imke van Heerden Akademies en skole 2019-10-03

“Die enigste oplossing is dat Afrika, veral suid van die Sahara, sy voedselproduksie dramaties sal moet verhoog.”

Investigating the barriers to implementing precision farming in the Eastern Free State

Christo Bisschoff, Bertie Michau Academic research 2019-10-02

“South Africa has a fast-growing population, and all indications are that by 2040 South Africa will have to import approximately 66% of its basic produce to feed the nation.”

’n Ondersoek na die hindernisse om presisieboerdery in die Oos-Vrystaat te implementeer

Christo Bisschoff, Bertie Michau LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2019-10-02

“Die vooruitskouings [is] dat dié land teen 2040 moontlik twee derdes van sy basiese voedselvoorrade gaan invoer.”

Top