Christine Anthonissen

Christine Anthonissen is professor emerita in algemene taalwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch. Haar navorsing fokus op diskoersanalise, kritiese diskoersanalise en sosiale aspekte van twee- en meertaligheid. Laasgenoemde sluit in taalbeplanning en taalbeleid, spesifiek waar dit betrekking het op taalpraktyke in veeltalige omgewings met meer as een of twee gemeenskapstale soos wat dit in verskeie Afrikalande en in stedelike gebiede met groot en beweeglike gemeenskappe voorkom. Sy is ’n lid van die redaksionele komitee van Stellenbosch Papers in Linguistics (SPIL/SPIL-plus), die Journal of Language and Politics (Benjamins, redakteurs Ruth Wodak, Paul Chilton) en Multilingual Margins (redakteurs Christopher Stroud, Felix Banda e.a).

Hoe om 'n graad 3-leerder in staat te stel om beter en vinniger te leer

Irene Brand, Christine Anthonissen, Estelle Kruger Onderhoude 2017-09-06

"Die een beginsel wat hier ondersteun word, is dat leerders wat lees-, skryf- en narratiefwerk geniet, meer en vinniger sal leer. ‘n Tweede beginsel is dat minder aandag aan 'taalfoute' en meer aandag aan die proses van skeppend vertel en skryf op die lange duur ook die formele aspekte van taal beter gaan help ontwikkel, omdat leerders nie geïnhibeer word deur vrees vir 'foute maak' nie."

Language awareness as a component of literacy: investigating narrative skills development of grade 3 learners

Irene Brand, Christine Anthonissen Academic research 2017-08-04

"A person who exhibits a good understanding of the rules and conventions of language use, both on a grammatical and on a communicative level, is said to have a well-developed language awareness. This ability extends beyond awareness of a speaker’s own first language to include other languages he/she may know."

Taalbewussyn as komponent van geletterdheidsvaardigheid: ’n ondersoek na narratiefvaardigheidontwikkeling by Graad 3-leerders

Irene Brand, Christine Anthonissen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-08-02

"Kuns is ’n medium wat baie beskrywende taalgebruik ontlok, wat nuttig is in die ontwikkeling van narratiewe. Kuns kan dus benut word om mondelinge storievertelvermoëns te ontwikkel en vas te lê om sodoende ook taalbewussyn te bevorder."

Top