Christiaan Becker

Christiaan Becker is in Februarie 1989 in Tshwane, Gauteng gebore. Hy matrikuleer aan Afrikaans Hoër Seunskool. Hy voltooi sy voorgraadse studies in sielkunde en ’n meestersgraad in navorsingsielkunde aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom). Vandaar verskuif hy na die Vrije Universiteit in Amsterdam, Nederland waar hy sy meestersgraad in kognitiewe neurosielkunde met lof verwerf. Hy spandeer 2018 by die Nederlandse Instituut vir Neurosielkunde, waar hy spesialiseer in die statistiese analise van fMRI data. Hy werk tans as ’n datawetenskaplike by ’n “start-up”-besigheid in Amsterdam, waar hy statistiek en kunsmatige intelligensie gebruik om markvoorspellings te maak. Hy en sy vrou, Ina, ontspan deur te stap, te lees, te reis, saam met vriende en familie te kuier en deur in Europa te vlieghengel.

  • Foto: verskaf

Tyd brand

Christiaan Becker Poësie 2022-04-19

"In al sy seisoene, al sy kleure
Het hy ervaar dat liefde en smart hand aan hand loop soos ou vriende
Die een kan nie sonder die ander nie"

Top