Chris Wait2013-06-11"Dis een van sy gunstelingplekke en sy uitkoms as dinge te besig raak in die stad. Dis nie te ver nie, net sowat 85 km vanaf Kaapstad, en dis een van die mees dramatiese en mooiste stukkies kus om langs te ry, veral op ’n windstil dag as die water soos dié van ’n dam uitgestrek lê tot waar mens Kaappunt in die verte kan sien."