Die bedelaar
2024-08-07"Ek was in die motor op pad van die stad af toe ek hoor sy is in ’n hospitaal in Athlone, naby aan waar ek toe gery het. In die hospitaalkafeteria koop ek twee polfyntjies en twee vrugtesappe om dit saam te geniet. Toe ek in haar saal kom, besef ek hier’s ’n groot probleem. Daar is ses pasiënte in die saal en ek het net twee miserabele muffins."

