Chris Karsten

Chris Karsten is op 9 November 1947 op Morgenzon in Mpumalanga gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Hoogenhout op Bethal en behaal ’n BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria (1970). Hy werk daarna as koerantjoernalis by Die VolksbladBeeld en Rapport.

Hy ontvang die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) vir sy kinderboek Floris sapiens. Sy eerste roman, Frats, het in 2007 verskyn, en is ’n jaar later met die ATKV-prosaprys bekroon.

As koerantman was hy in verskillende joernalistieke hoedanighede gemoeid by baie van die stories wat in sy Ware Misdaad-reeks opgeneem is. Van die titels wat sedert 2007 in dié reeks verskyn het, sluit in Riller in die raaiselOpspraak deur moordDodelike vroueVerlore onskuld en Boos en bisar. Hy is ook bekend vir sy Abel-trilogie, Abel se ontwaking, Abel se lot en Die afreis van Abel Lotz.

Karsten woon in Kanada.

Koms van die motman: ’n onderhoud met Chris Karsten

Chris Karsten, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-10-27

"Fiksie het my ook uiteindelik verlos van die boeie van die joernalistiek en niefiksie, in die sin dat ek vry was om enige van my karakters as’t ware ’n snor te gee of die snor af te skeer, sou ek wou."

Geen kriptiese kitsbevrediging hier nie – Chris Karsten gesels oor sy manuskrip vir die GAR

Chris Karsten, Bibi Slippers 2012-03-20 Chris Karsten gesels met Bibi Slippers oor die strekking van spanningsfiksie, wat hy van die joernalistiek geleer het en die kopskuif wat met verplanting saamgaan.
Top