
Cuito Cuanavale (1988)
2024-10-17"36 jaar later sit ek op die agterstoep. My kinders is groot, my vrou ook al dood. Ek skrik toe my oudste dogter aan my regterkant verskyn. Sy sit die koffie langs my neer en verdwyn weer die huis in. ’n Tortelduif vlieg op en klap sy vlerke hard om hoogte te kry – ’n verwilderde dier in vlug. Dit sit my weer daar neer. Op ’n vreemde land se sand. Ek probeer dit keer, maar dit gebeur keer op keer."