Dr Charles Malan is ’n letterkundige, skrywer en navorsingskonsultant. Hy was ’n sentrumhoof by die RGN, waar hy sentra vir letterkundenavorsing en daarna kultuurstudie gestig het. Hy was buitengewone professor by die Departemente Inligtingkunde en Afrikaans van UP, by lg departement ook ereprofessor. Hy dien in die redaksie van drie literêre tydskrifte. Hy was verantwoordelik vir die skryf of saamstel van tien boeke en meer as ’n honderd artikels oor letterkunde, kultuur, ontwikkelingskommunikasie en jeugontwikkeling.