Charl van der Walt

Charl van der Walt het ’n kwalifikasie in chemiese ingenieurswese en het dit opgevolg met ’n meestersgraad in waterbenutting by die Universiteit van Pretoria.

Hy is ’n professionele ingenieur en is sedert 1989 in die waterbedryf betrokke.

Ná 4 jaar se navorsing by die WNNR het hy by raadgewende ingenieurs begin werk en in die proses vele watersuiweringsaanlegte ontwerp en die projekbestuur daarvan behartig. 

Hy dien talle male op die Waternavorsingskommissie se oorsigkomitees vir projekte en is ’n senior genoot van die Waterinstituut van Suidelike Afrika. 

Hy het ’n besondere belangstelling in waterherwinning en was deel van die 1998/2000-opgraderingsprojek van Windhoek se waterherwinningsaanleg waar rioolwater tot op drinkwaterstandaard behandel word. 

Hy is deel van die blou druppel/groen druppel-span van Waterwese as hoof-inspekteur.

In 2018 het hy sy eie firma begin en doen vryskutspesialiswerk.

Water: Wag daar ’n ramp op ons?

Freek Robinson, Abri Vermeulen, Charl van der Walt Onderhoude 2022-06-29

Is die waterkrisis so akuut soos die Eskom-krisis? Ingenieurs Abri Vermeulen en Charl van der Walt skets vir Freek Robinson die breë prentjie oor watersekerheid, vaardigheidstekort, veilige drinkwater, water-en-sanitasie-infrastruktuur, klimaatsverandering en vinnige verstedeliking.

Top