Chané Kruger

Ek is 'n meestersstudent aan die Universiteit van Pretoria in die Departement Voedselwetenskap onder leiding van EM Buys. Ek het 'n passie vir die melkindustrie en het daarom besluit om my meestersprojek te baseer op iets wat die industrie sal bevorder. Lank gelede, in my eerste jaar, het ek gekies om BSc Voedselwetenskap te studeer omdat ek lief is vir kos, asook vir die wetenskap agter voedsel. Voedselwetenskap is 'n groot liefde by my, en nee, ons is nie sjefs nie! Ons is tipies die mense in die wit laboratoriumjasse wat onder andere kwaliteitbeheer uitoefen of die mense wat nuwe opwindende produkte ontwikkel. Buiten voedselwetenskap is ek ook baie lief vir perdry en die buitelewe!

Einstein-kompetisie: Chané Kruger

Chané Kruger Einstein-kompetisie 2016-06-17

"Voedselwetenskap is 'n groot liefde by my, en nee, ons is nie sjefs nie!"

Top