Chan Croeser is ’n skrywer en navorser verbonde aan die Universiteit Stellenbosch. Hulle is tans besig met hul PhD-navorsing in vergelykende letterkunde wat handel oor die produktiewe moontlikhede van die lees van vroeë 20ste-eeuse Afrikaanse spook- en grieselverhale en hul affektiewe omgewings vanuit ’n afwykende hoek en die queer-impulse wat dit kan onthul. Hul navorsingsbelangstellings is onder meer queerheid, gender, affek, spektraliteit, volksoorleweringe, spook- en grieselverhale, en orale letterkunde. Hul mees onlangse werk oor die Suid-Afrikaanse volkskarakter Antjie Somers is te siene in die Engaged Queerness in African Speculative Fiction-uitgawe van Scrutiny 2. Verder dink hul na oor queer-woordeskat in die Afrikaanse taal in Turksvy, en hul kortverhale verskyn in joernale soos New Contrast en Five Points.