Celeste Matthews-Wannenburgh

Celeste Matthews-Wannenburgh gee onderwys aan ’n hoërskool in Kaapstad-Sentraal. Sy het ’n lewendige belangstelling in Engels en Afrikaans, geskiedenis en die kunste, asook ’n toegeneentheid tot die geesteswetenskappe as akademiese dissipline. As onderwyseres, vrou, moeder, gemeenskapswerker en leier voel sy haar tuis in ’n akademiese omgewing. Sy werp haar heelhartig in haar beroep en trag om konstant te verbeter waar nodig. Sy ag haarself gelukkig om binne die onderwys met jongmense te werk. Sy beskou haarself as pligsgetrou en gemotiveerd, met duidelike doelwitte en rigting in die lewe, en ’n goeie kommunikeerder.

Daarby is sy op tyd gesteld en het sy sterk leiereienskappe. Sy is toegewyd tot haar beroep en trag om hierdie toewyding te reflekteer in alles wat sy doen. Sy het ook ’n Fleur du Cap-toekenning ontvang as verhoogakteur en skrywer en het al op nasionale en buitelandse televisie opgetree, insluitend Duitse, Franse en Amerikaanse televisie. Van 2004 tot 2008 was sy ondervoorsitter van die Wes-Kaap Kultuurkommissie, asook die Wes-Kaapse verteenwoordiger in die Nasionale Kunsteraad. Sy is ’n SACE-geregistreerde graad R- tot 10-opvoeder en baie betrokke by jeugontwikkeling 

Op 30 Maart 2017 het sy die graad Honneurs BEd in onderwysbestuur verwerf. Tans gaan sy voort om haar professionele belangstelling as lewenslange opvoeder uit te bou.

Khoekhoegowab in die kollig-gesprek: indrukke van die dag

Glynn Alard, Catherine Arendse, John Cornelius Witbooi, Jatti Bredekamp, Willa Boezak, Celeste Matthews-Wannenburgh, Pedro Dausab Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2018-05-22

Op Saterdag 12 Mei het ’n geskiedkundige gesprek, “Khoekhoegowab in die kollig” (KKG-dialoog), by die Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands plaasgevind. Die gesprek is aangebied deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en !AL-OM (!Alom Aboriginal Customary Council). Menán van Heerden het foto’s geneem. Sprekers en deelnemers lewer kommentaar oor die gesprek.

Top