In memoriam: Kevin Athol Ehrenreich
2025-10-21"Na ’n suksesvolle en soms opdraande pad as kunstenaar het Kevin die tydelike met die ewige verwissel op 20 September 2025. Hy word oorleef deur twee sibbe, sy vrou, twee seuns, twee dogters en ses kleinkinders, met nog een op pad. Hy het sy droom uitgeleef, sy familie omarm, die gemeenskap gedien en was ’n vriend, voorbeeld en mentor vir baie."
