Catherine Arendse

Ek is ’n KhoiSan-aktivis met my wortels sterk in Afrikaans, want dit is my moedertaal waarin ek dink, droom, bid, vry en vloek. Ek is ’n TV/radio- en filmvervaardiger wat verkies om my mense se stories te vertel in ons taal. My derde loopbaan-ommeswaai, maar beslis die beste skuif.

Khoekhoegowab in die kollig-gesprek: indrukke van die dag

Glynn Alard, Catherine Arendse, John Cornelius Witbooi, Jatti Bredekamp, Willa Boezak, Celeste Matthews-Wannenburgh, Pedro Dausab Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2018-05-22

Op Saterdag 12 Mei het ’n geskiedkundige gesprek, “Khoekhoegowab in die kollig” (KKG-dialoog), by die Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands plaasgevind. Die gesprek is aangebied deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en !AL-OM (!Alom Aboriginal Customary Council). Menán van Heerden het foto’s geneem. Sprekers en deelnemers lewer kommentaar oor die gesprek.

Top