Catharina Stone

Catharina Stone praktiseer as ’n senior finansiële bestuurder. Haar spesialiteit is om finansiële stelsels op te stel of te verbeter om die beste moontlike diens vir ’n onderneming te bied.

Haar passie is om die mense met wie sy werk aan te moedig om hul volle potensiaal te bereik. Haar werksondervinding is plaaslik en oorsee en in ’n verskeidenheid bedrywe.

Sy voel asof  sy in haar werk meestal net legkaarte bou en probleme oplos.

Catharina is ’n geoktrooieerde rekenmeester (SA), lid van die Geoktrooieerde Instituut van Bestuursrekenmeesters (VK), lid van die Geoktrooieerde Instituut van Skeepsmakelaars (VK), en het kwalifikasies as ’n lewensafrigter en joga-instrukteur.

Dit is vir haar belangrik om haar vaardighede met die gemeenskap te deel. Sy verskaf die finansiële funksies op verskeie komitees, waarvan Rape Crisis die naaste aan haar hart lê. Ander sluit in die South African Council for English Education en Culture Connect, ’n klein onderneming wat kulturele ervarings vir plaaslike en oorsese toeriste reël.

In haar privaatlewe is daar die meeste dae tyd om met haar kinders te gesels, te kook, te lees en om joga te oefen. Die natuur, om te kamp en te stap is vir haar sielskos. Jy sal haar maklik kan raaksien in die suidelike voorstede van Kaapstad, want sy ry ’n fiets met fietstasse waaruit daar baie maal ’n muurbalraket se handvatsel steek.

Laat ons lees en leer: ’n resensie van Tom Moodie se AHI – Die Afrikaanse Handelsinstituut

Catharina Stone Resensies 2022-03-17

"Die boek is veel meer as ’n geskiedenisverhaal. Dis ’n geleentheid om te leer. En veral ’n geleentheid vir 'Afrikaners', die groep in wie se belange die AHI gestig is."

Top