Carmi Britz

Carmi Britz (Kaapstad, 1993) het in April 2022 haar MA in Afrikaans en Nederlands cum laude aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Tydens haar MA-studie het sy vir ’n semester by Leiden Universiteit klas geloop. Haar navorsingsbelangstellings sluit die hedendaagse Nederlands en Suid-Afrikaanse literatuur, distopie, ekokritiek en geokritiek in. Haar primêre navorsingsfokus is tans ’n PhD oor die literêre kartering van distopiese Afrikaans en Nederlandse romans. Tussen 2016 en 2017 is sy werksaam as ’n remediërende onderwyseres in die intermediêre fase. Tans is sy die tweedejaarstutor vir Afrikaans en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit Stellenbosch.

USAN 2022 – ’n gesprek met Carmi Britz

Naomi Meyer, Carmi Britz Seminare en essays 2022-06-22

"Afrikaans is deel van ’n mens, dit is ’n identiteitsmerker. Dit is soms moeilik om die vakgebied van die individu of identiteit te skei of te onderskei. Wanneer iets negatiefs oor Afrikaans gesê word, voel dit dus amper asof daar iets negatiefs oor die Afrikaanssprekende gesê word."

Top