’n Warboelvrye 2024-skooljaar
2024-01-30"Ná wat dalk soos die langste vakansie in die geskiedenis van die mensdom voel (almal wat kinders het, weet waarvan ek praat), is dit tyd om weer op dreef te kom. Dit is nóú die tyd om orde in die huis te herstel." Carla Lang deel wenke om onder andere skryfbehoeftes netjies te sorteer, en met behulp van ’n kalender elke dag se aktiwiteite by te hou.
"Mamma, hier’s huiswerk vir jou!"
2023-09-18"In laer grade het kinders tog hulp nodig met take. Dis hoe ons hulle voorberei om latere jare onafhanklik navorsing te kan doen en take te voltooi. Maar waar en wanneer trek ’n mens die streep? Moet ’n mens baie help? Of net ’n bietjie? Sommige mammas bederf dit vir die res van ons wat net probeer om ons kinders aan die asemhaal te hou."
Hoekom doen jy dit aan jouself? Oor moederskap en vakansiehou
2023-07-11"Om een of ander rede dink jy dis ’n goeie idee om jou kinders weg te neem uit ’n bekende omgewing waar daar ’n tipe roetine is en jy soort van dinge onder beheer het, na ’n vreemde omgewing met geen hulp nie en onbekende kamers en beddens, waar jy verseker is van nog minder slaap!"
#kouekoffie: ’n Onderhoud met Carla Lang
2021-11-02"Selde dat ek ’n warm koppie koffie of tee gedrink kry. Ek is seker baie ma’s kan vereenselwig."
