Carina Venter

Carina Venter is dosent in musikologie aan Stellenbosch Universiteit en voorsitter van die South African Society for Research in Music (SASRIM). Nadat sy ’n BMus aan die Universiteit van Pretoria en ’n MMus aan Stellenbosch Universiteit behaal het, voltooi sy ’n meesters- en doktorsgraad aan die Universiteit van Oxford as ’n Rhodes-beurshouer. Haar navorsing fokus op musiek, geweld, die politiek van gestremdheid en die wyses waarop apartheid die hede, denke en die verbeelding verwring. Van haar onlangse publikasies is hier, hier en hier beskikbaar.

 

’n Dekoloniale toekoms? Musiek, ras en taal aan die Universiteit Stellenbosch

Carina Venter Universiteitseminaar | University Seminar 2022-12-21

"Om musiek en taal as vertrekpunte te neem vir ’n besinning oor die onlangse Khampepe-verslag en die dekoloniale projek by die Universiteit Stellenbosch mag voorkom as ongewoon. Histories is die verhouding tussen musiek en taal een van nabootsing, skeiding, hereniging en kultuurnasionale fantasieë. Of so het die verhaal verloop in die koloniale Verligtingstydperk."

Top