Carina Diedericks-Hugo

Carina Diedericks-Hugo is in Johannesburg gebore en het in Pretoria en Kaapstad grootgeword. Na matriek aan Herschel Girls' School in Kaapstad studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies) en Honneurs (Afrikaans en Nederlands) cum laude. Sy is tans besig met die graad MPhil (Joernalistiek). Sy is die skrywer van die Thomas@-reeks en haar jeugroman Koning Henry is benoem vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die M.E.R.-prys. In 2004 het die boek die ATKV-Kinderboekprys gewen. Haar jongste boek, Operasie M.I.A.A.U., het pas verskyn. As sy nie stories skryf nie, werk sy as kinderboekredakteur by Human & Rousseau. Sy bly saam met haar man, die digter Daniel Hugo, en drie katte, Leipoldt, Langenhoven en Katinka, in Observatory, Kaapstad. Sy put haar inspirasie uit haar man, bling-bling, Desiderius Pongracz, sjokoladekoek sonder versiersuiker, fokofpolisiekar en Sondae op Greyton.

In memoriam: Maritha Snyman

Carina Diedericks-Hugo In memoriam 2024-05-09

"Rus in vrede, geliefde Maritha. Jou erfenis leef voort. Jý leef voort."

Tieners, tegnologie en die thomas@-reeks

Carina Diedericks-Hugo Seminare en essays 2015-07-08

"Vir my is dit van die uiterste belang dat skrywers moet wéét wie hulle lesers is. En belangriker: die lesers respekteer."

Top