Carike Kriel

Carike Kriel verwerf in 2012 haar BEd-Grondslagfasegraad aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie. In 2013 begin sy haar loopbaan as leerondersteuningsonderwyseres vir die Wes-Kaapse Onderwysdepartement. In 2014 gaan sy voort met deeltydse nagraadse studies aan die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie en verwerf haar BEdHons in Inklusiewe Onderwys in 2014. In 2017 verwerf sy haar MEd wat gefokus het op leerondersteuning binne Inklusiewe Onderwys. In 2018 sluit sy by die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie se Wellingtonkampus aan as ’n voltydse lektor in Tale in Onderwys, Afrikaans Huistaal, in die Grondslagfasedepartement. Sy begin in 2019 met deeltydse studies vir haar DEd-graad, en poog om dit teen die einde van 2021 te voltooi. Haar navorsingsbelangstellings sluit in: onderwysopleiding, taalonderrig, praktiese onderwys en etiek in die onderwys.

Haar ORCID ID is https://orcid.org/0000-0003-3709-2984.

Haar LinkedIn-profielskakel is https://www.linkedin.com/in/carike-kriel-220020103/.

Help! My teaching practice is a dilemma: Ethics policies for teaching practice

Carike Kriel, Candice Livingston, Chiwimbiso M Kwenda Academic research 2021-12-07

"Unethical relationships between the in-service teachers and pre-service teachers seem to be common and often there appears to be a lack of supervision and mentoring during teaching practice."

Help! My praktiese onderwys ontaard in ’n dilemma: Etiekbeleide vir praktiese onderwys

Carike Kriel, Candice Livingston, Chiwimbiso M Kwenda LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-07

"Ons het bevind dat onderwysstudente ’n verskeidenheid etiese dilemmas beleef wat in sewe kategorieë verdeel kan word. Hierdie kategorieë sluit die volgende onetiese verhoudings in: onderwysers teenoor leerders, leerders teenoor onderwysstudente, onderwysers teenoor onderwysstudente, asook die universiteit teenoor onderwysstudente."

Top