Carike Kriel

Carike Kriel verwerf in 2012 haar BEd-Grondslagfasegraad aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie. In 2013 begin sy haar loopbaan as leerondersteuningsonderwyseres vir die Wes-Kaapse Onderwysdepartement. In 2014 gaan sy voort met deeltydse nagraadse studies aan die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie en verwerf haar BEdHons in Inklusiewe Onderwys in 2014. In 2017 verwerf sy haar MEd wat gefokus het op leerondersteuning binne Inklusiewe Onderwys. In 2018 sluit sy by die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie se Wellingtonkampus aan as ’n voltydse lektor in Tale in Onderwys, Afrikaans Huistaal, in die Grondslagfasedepartement. Sy begin in 2019 met deeltydse studies vir haar DEd-graad, en poog om dit teen die einde van 2021 te voltooi. Haar navorsingsbelangstellings sluit in: onderwysopleiding, taalonderrig, praktiese onderwys en etiek in die onderwys.

Haar ORCID ID is https://orcid.org/0000-0003-3709-2984.

Haar LinkedIn-profielskakel is https://www.linkedin.com/in/carike-kriel-220020103/.

Ethics guidelines in practical teaching: teaching practice coordinators’ perspective

Carike Kriel Academic research 2026-03-10

"The assumption, therefore, is that preservice teachers and other role-players in teaching practice would try to comply with a code of ethics and code of conduct to act ethically during their teaching practice if these codes were available to them. The assumption is therefore that codes of ethics and conduct specific to teaching practice and with direct guidelines of what is expected of various role players, could enhance ethics in teaching practice."

Etiese riglyne in praktiese onderwys: praktiese-onderwyskoördineerders se perspektief

Carike Kriel LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-03-10

"Hierdie studie het deontologie as onderliggende raamwerk gebruik, omdat hierdie etiekteorie voorstel dat mense respek vir wette en reëls het, en poog om dit na te kom. Die veronderstelling is dus dat onderwysstudente sal poog om etiek- en gedragskodes te volg, en dus eties sal optree tydens praktiese onderwys."

Help! My teaching practice is a dilemma: Ethics policies for teaching practice

Carike Kriel, Candice Livingston, Chiwimbiso M Kwenda Academic research 2021-12-07

"Unethical relationships between the in-service teachers and pre-service teachers seem to be common and often there appears to be a lack of supervision and mentoring during teaching practice."

Help! My praktiese onderwys ontaard in ’n dilemma: Etiekbeleide vir praktiese onderwys

Carike Kriel, Candice Livingston, Chiwimbiso M Kwenda LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-07

"Ons het bevind dat onderwysstudente ’n verskeidenheid etiese dilemmas beleef wat in sewe kategorieë verdeel kan word. Hierdie kategorieë sluit die volgende onetiese verhoudings in: onderwysers teenoor leerders, leerders teenoor onderwysstudente, onderwysers teenoor onderwysstudente, asook die universiteit teenoor onderwysstudente."

Top