Cara Kleynhans

Cara Kleynhans is op 14 Desember 1983 gebore en matrikuleer in 2001 aan die Hoërskool Monument, Krugersdorp. Sy behaal die graad BMus (Uitvoerende Kuns) cum laude in 2004, die graad HonsBMus (Uitvoerende Kuns) cum laude in 2005, asook die graad MMus (Uitvoerende Kuns) in 2007 aan die Universiteit Stellenbosch. Daarna sit sy haar studie voort aan die Universiteit van Pretoria, waar sy die graad DMus (Uitvoerende Kuns) in 2011 met erekleure vir akademie voltooi. Hierdie studie is ’n uitvloeisel van haar doktorale navorsing oor die Chinese virtuoos-pianis Lang Lang en sy model, Vladimir Horowitz, aan die Departement Musiek, Universiteit van Pretoria.

Onderhoudend: Ria Smit gesels met Cara Kleynhans

Cara Kleynhans 2015-02-06  "Ek was gefassineer deur die gehalte van sy spel en ek was verbaas deur die feit dat ek nog nie voorheen van hierdie Suid-Afrikaanse pianis gehoor het nie."

Die Suid-Afrikaanse konsertpianis Steven DeGroote, die 1977 Van Cliburn Internasionale Klavierkompetisie en die Koue Oorlog

Cara Kleynhans 2014-10-22 Hierdie artikel belig Steven DeGroote se deelname aan en sege in die 1977 Van Cliburn Internasionale Klavierkompetisie en die ontwikkeling van sy loopbaan in die lig van die Koue Oorlog tussen die Weste en die Ooste.

Die Chinese virtuoos-pianis Lang Lang en sy model Vladimir Horowitz, die “Laaste Romantikus”

Cara Kleynhans 2012-11-28 "Die navorsingsontwerp van hierdie studie kan beskryf word as ’n kwalitatiewe en etnografiese benadering tot ’n kritiese vergelyking tussen die musikaliteit en loopbane van twee individue uit die klassieke klaviertradisie: Vladimir Horowitz en Lang Lang."

Die pianis as vertoonkunstenaar: Die Chinese virtuoos-pianis Lang Lang se populêre sukses

Cara Kleynhans, Heinrich van der Mescht 2012-03-05 Dit is duidelik dat Lang Lang se populariteit, wat selfs tot buite die sfeer van klassieke musiek strek, hom ’n spesiale figuur maak as klassieke pianis in ’n musiekbedryf wat deur populêre kunstenaars oorheers word.
Top