Brett Michael Innes

Brett Michael Innes is ’n topverkoperskrywer en bekroonde filmmaker gebaseer in Johannesburg, Suid-Afrika. Gebore in 1983 in Johannesburg, Suid-Afrika, het Brett gegradueer van AFDA, die Oscarverowerende Suid-Afrikaanse filmskool, met ’n beurs van die National Film & Video Foundation (NFVF) van Suid-Afrika.

Na skool het hy drie jaar deurgebring as ’n dokumentêre filmmaker in samewerking met verskeie niewinsgewende organisasies, ’n pos waartydens hy twee keer met sy kamera vanaf Suid-Afrika na die Suid-Sudan gereis het asook deur die Okovango Delta op ’n kayak.

In 2012 het hy besluit om sy fokus na film en literatuur te verskuif en sy debuutroman, “Die Storie van Racheltjie de Beer” het ’n Suid-Afrikaanse blitsverkoper geword. Hy het dit vir die skerm verwerk saam met die regisseur Matthys Boshoff en die film word in 2019 op die grootskerm uitgereik.

Sy skryf- en regiedebuut, “Sink”, is deur plaaslike kritici geloof as ’n ‘grensverskuiwende film wat die standaard stel vir Suid-Afrikaanse film’. Hy het daarvoor SAFTA toekennings vir Beste Film en Beste Draaiboek gewen. Brett het sopas sy tweede vollenge rolprent voltooi, ’n verwerking van die ikoniese roman, “Fiela se Kind”.

KykNET Silwerskermfees 2019: Gehoorgunsteling Fiela se kind binnekort in rolprentteaters te sien

Marli van Eeden, Brett Michael Innes Onderhoude 2019-09-11

"This adaptation is different both narratively and stylistically, with a greater focus on the Komoetie family and their experience of loss when Fiela begins her journey to get Benjamin back. The film also takes advantage of present-day cinematic tools and language to create film that, while respectful of the previous film, offers a different emotional and visual journey."

Sink: An interview with Brett Michael Innes

Brett Michael Innes, Naomi Meyer Books and writers 2017-02-07

“The choice of the title is to do with the water connection in the narrative, as well as the emotional state that all the characters are in. It is a limbo of pain and circumstance, a place of entrapment.”

Top