WF 2015: Biomeganiese organe het nou genoeg gehad
2015-05-13My arm begin onwillekeurig rondswaai. Dit het ’n lewe van sy eie. Die arm wikkel homself los en begin stadig oor die vloer kruip, weg van my af. Ek kyk in verbasing na hoe my arm skuif-skuif om die hoek verdwyn. Die snaaksste is dat ek geen pyn ervaar het nie. Dit het amper kielierig gevoel.
