Bottils

M.H. Bottils is 'n Suid-Afrikaner, gebore in die dorp Makhanda in die Oos-Kaap, en het in 'n voorstedelike buurt van Bellville grootgeword. Hy het rolprentkuns en Engelse letterkunde aan die Universiteit van Kaapstad studeer. Op weeksdae is hy 'n kopieskrywer.

Bottils is 'n skuilnaam waaronder hy ook elektroniese musiek vrystel, geïnspireer deur die geskiedenis en natuur van die Wes-Kaap. Sy eerste kortverhaal is in 2012 onder sy geboortenaam in die Afrikaanse pulpfiksie-zine, Jungle Jim, gepubliseer. Sy mees onlangs gepubliseerde gruwelkortverhaal het in die bloemlesing Annus Horribilis verskyn. Sy werk in beide fiksie en musiek handel hoofsaaklik oor die onheilspellende in die natuur, hauntologie en die las van herinnering.

Trimpark

Bottils Fiksie 2026-01-29

"Maar die tarentale was steeds daar êrens. Ek kon hulle hoor, maar nie sien nie."

Top