Bianca Botha

Bianca Botha

Bianca is 26 jaar oud en het eers nadat sy klaar was met matriek haar passie vir skryf ontdek. In 2016 het sy haar Comprehensive Writing diploma deur College SA verwerf en van daar af het haar skryfwerk vlerke gekry. In 2017 bied die Ekurhuleni ’n kreatiewe skryfkursus aan en is sy een van twintig wat gekies word om aan die kursus deel te neem. Aan die einde van die kursus word haar storie, "What Lies Beneath", gekies vir Stories of Ekhuruleni 2. Daarna skryf sy in vir nog kompetisies en nog drie van haar verhale word gepubliseer. Sy het onlangs ’n kinderboekslypskool voltooi, wat deur SA Vryskutskrywers en SA Skrywers aangebied word. Tans is sy besig met haar lisensiaat in Spraak en Drama deur die Akademie vir Dramakuns. 

Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Ma se liefde

Bianca Botha Skryfkompetisies 2019-08-18

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Bianca Botha: "Leila staan vir die gietysterpotjie en kyk terwyl haar gedagtes hulle eie gang gaan. Sy het nog nooit iemand soos haar ma ontmoet nie."

Top