Babette Viljoen

Babette Viljoen is ‘n boorling van ‘n klein dorpie anderkant nêrens in die Vrystaat. Sy maak reeds van 4-jarige ouderdom af musiek en bespeel verskeie instrumente waaronder klavier, viool, kerkorrel, trekklavier en baskitaar. Babette het haar Meestersgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Noordwes-Universiteit Potchefstroom voltooi en was ‘n lid van die NWU PUK-koor asook die Alabama Studentegeselskap. Babette is tans mede-direkteur van BO-Produksies PTY Ltd wat veral toegespits is op die vervaardiging van kwaliteit woordkunsproduksies.

Aardklop 2018: KROG, ’n onderhoud

Marius Boonzaier, Babette Viljoen Aardklop 2018-09-27

"Die temas wat deur KROG aangespreek word, is universeel – dit kan nie tot net een tipe gehoor beperk word nie: Die gedigte gaan oor kindwees, ma-wees, verlief wees, alleenwees, hoopvol wees oor ons land, en dan is daar ook 'n komiese gedig (met ouderdomsbeperking vir taalgebruik) oor ouma-wees."

Top