Augusta Zietsman

Augusta Zietsman (23), is gebore in Bloemfontein en het haar kinderlewe op ’n plaas in die Vrystaat deurgebring. In 2006 het haar gesin Kalahari toe getrek en sy is koshuis toe verskuif waar sy haar hoërskoolloopbaan aan Eunice Girls High School voltooi het. Na ’n avontuurlustige oorbruggingsjaar in die Drakensberge het sy BA Drama en Teaterstudies by die Universiteit Stellenbosch studeer en in 2017 graad gevang met ’n gespesialiseerde graad in draaiboekskryf. Na haar studies het sy verskuif na die stad van goud, Johannesburg, waar sy haar loopbaan as skrywer en aktrise afgeskop het. Haar gunsteling-skrywers is Kurt Vonnegut, Milan Kundera, Bibi Slippers en Marita van der Vyver.

Dingleton

Augusta Zietsman Fiksie 2018-10-04

"Die twee drink hulle tee in doodse stilte. Elke keer as ’n koppie op ’n piering neergesit word, breek dit die spanning soos ’n kind se gegiggel gedurende nagmaal."

Top